Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3570 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
de Minimalist House"Clarens is 'n lieflike dorpie. Kyk maar eers oral rond, voor jy koop, heelwat van dieselfde goed te koop maar pryse verskil hemelsbreed. Bespreek by restaurante vir etes, anders moet jy maar gaan waar jy 'n plekkie oop kry, en dit is nie noodwendig waarvoor jy lus het nie. Die plaaslike inwoners is baie vriendelik. Oor die algemeen is dit nie 'n groot probleem om parkeerplek te kry nie, maar jy moet soms 'n ent stap om by die winkels ens. uit te kom. Daar is als wat jy nodig het. Jy moet net tyd hê en bietjie rondsnuffel."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Kahara Maluti Lodge"Dit was ons eerste keer in Clarens en ons het dit regtig baie geniet. As jy nog nie Clarens besoek het nie moet dit definitief op jou "to do list" gevoeg word."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Dragonfly Self-catering and Bike Rescue"One of the most beautiful places we have ever been to. We would recommend Clarens to everyone."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Collett House"Clarens was 'n great ervaring gewees. Het dit baie geniet. Sal dit beslis aanbeveel."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Woodlands Retreat"Amazing dorpie. Lekker atmosfeer en heerlike kuierplekke. Koffie en croissants by Highland Coffee is iets spesiaal!"
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Baie oulike dorpie. Dit was baie hartroerend om te sien hoe die mense van die dorp nie kla oor hoe vuil die dorp is nie. Hulle het sommer self die strate ingevaar en begin skoonmaak. Ek haal my hoed vir hulle af."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Royal Coachman Lodge"Wonderlike dorp met uitstekende eetplekke en unieke winkels. Asemrowende omgewing tussen die berge."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Willow Villas"A trip to the Cheese Farm Barris Monger for lunch. Very nice setting and delicious cheese."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Ongeag Self Catering House"The Maluti Quad bike tour is a must. The highlight of our stay."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lavender & Rust"Ons staan verstom oor hoe Clarens weer kop opgetel het na Covid aangesien dit 'n toeristedorpie is en selfs nuwe plekke oopgemaak het met nuwe aktiwiteite! Die strate bly maar 4x4 gebied."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Thaba Lapeng Mountain Escape"Altyd lekker in Clarens - wegbreek van die besige stadslewe."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Dragonfly Self-catering and Bike Rescue"Great shopping meander with enough food and watering holes along the way. Golden Gate National Park is worth a visit. Drive to Kestell (50 kms) for lunch at the hotel, it is good value for money."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Cherry House"Was nie regtig in die dorp gewees nie. Maar net as oorslaap gebruik. Was egter by die slaghuis in en nie vriendelike diens gekry nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Odendaal’s Ridge"Brilliant destination. Will definitely visit again."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Kahara Maluti Lodge"Baie mooi dorp en as jy hou van stap die mooiste staproetes en genoeg - jy moet amper 'n week daar wees, 'n naweek is te min vir Clarens."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mystic Mountain Cottage"Clarens is vir ons as gesin nog al die jare sielskos. As ons vir een jaar nie kan gaan nie het ons 'n gemis in ons lewe. Ons wil altyd terug na Clarens. Ons kom altyd terug met lekker memories."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Het nie baie tyd in Fouriesburg spandeer nie, maar hulle slaghuis is fantasties."