Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11594 reviews.
"Baie oulike winkeltjies, alles maklik verkrygbaar, vriendelike mense."
"Ons was verbaas oor die oulike dorp. Het altyd gedink dis 'n stowwerige ou plekkie, maar dis regtig oulik."
"Prins Albert is 'n "kunstige" dorpie wat definitief die afdraai vanaf die grootpad die moeite werd maak."
"Pragtig netjiese dorp om op trots te wees. Baie om te sien, vriendelike inwoners! "
"Die Karoo Nasionale Park was pragtig en lekker vrek warm. Baie wild gesien, tot leeus. Mense op die dorp is vriendelik gewees. Van die ou geboue is pragtig, maar sommiges kort bietjie opknapping."
"Vriendelike mense. Ons moes die tandarts besoek vir 'n noodgeval en was verbaas oor die behulpsaamheid en opregte vriendelikheid van die hele personeel en die tandarts."
"Pragtige dorp terwyl Vallei van Verlatenheid die dam en die dorp uitstekende fietsry/stap geleenthede bied. Inligting oor dorp dws begraafplase/skole en museums het ek nie by gastehuis gekry nie maar glo dit is beskikbaar by infosentrum. Ek dink dit kan beter bemark word as oornag/toeriste bestemming waar mense meer as een nag moet slaap!"
"There isn't much advertising as what to do in and around Colesburg, but it it is a good place to overnight in between long distances."
"Ons het net daar oornag oppad terug van die Kaap af, ons het die wonderlikste ete by Bordeaux Restaurant geniet! Baie gasvrye eienaar, goeie diens en natuurlik die kos was voortreflik!"
"Baie warm (duh - einde Desemeber - kon dit verwag het), maar baie vriendelike mense. Winkeltjies, kafees en restaurante baie oulik en lekker. Prickly Pear maak die lekkerste pizza."
"Daar is geen probleem met Murraysburg, maar ons het dit terwille van familie besoek."
"Heerlike ete met flinke diens by "4 Sheep". Regtig 'n pragtige eetplekkie en aanwins vir Beufort Wes. Pragtige oujaars-sonsondergang."
"A quaint little town with everything at hand, a few eateries with good food. We were very impressed with the cleanliness while walking our small dauchshunds in the early morning. Very quiet. Beautiful surroundings. Awesome. "
"Ek sou Colesberg nie spesifiek as 'n goeie toeristebestemming beskryf nie. Die enigste rede hoekom ons daar stop is omdat dit 'n goeie halfpad-stopplek is oppad terug Johannesburg toe."
"Ek het respek vir die inwoners van Colesberg wie hul eie wonings in gastehuise omskep het. Sodoende het van die inwoners van Colesberg bygedra tot 'n nuwe plaaslike ekonomie. Dit is 'n groot en eerbare prestasie! "